NamWater wag steeds vir toerusting om oordragstelsel te herstel

Die stukkende oordragstelsel tussen die Swakoppoort- en Von Bachdam begin nou kommer wek by NamWater. Die stelsel is al vir ‘n geruime tyd stukkend en volgens die watervoorsiener se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia wag hulle nog steeds vir die nodige onderdele. Daar is wêreldwyd ontwrigtings in die verband maar Nehemia sê alles word gedoen om te verseker dat die nodige onderdele so vinnig as moontlik aankom sodat oordrag tussen die damme kan plaasvind.