Minder padongelukke, sterftes dié Paasnaweek
Slegs twee padsterftes het oor die Paasnaweek voorgekom teenoor die 12 in 2021 wat ‘n afname van 83 persent padsterftes is. Altesaam 67 mense is beseer in die 31 padongelukke wat die afgelope Paasnaweek voorgekom het, volgens die Namibiese polisie se adjunk-inspekteur-generaal vir operasies, Joseph Shikongo. Hy het ook gesê dat padongelukke met 40 persent afgeneem […]
Action Society tevrede met aanstelling van Reagan Allen
Die Action Society is tevrede met die aanstelling van Reagen Allen as die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Die direkteur, Ian Cameron, sê die burgerlike regte-organisasie is gereed om met Allen in sy nuwe posisie saam te werk. Allen is van Desember 2018 af ‘n DA-lid van die provinsiale wetgewer na die bedanking van Dan Plato. Hy is vir ‘n volle […]
VN se sekretaris-generaal ontmoet Dinsdag vir Putin
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sal Dinsdag in Moskou met Russiese President Vladimir Putin en Sergey Lavrov, sy minister van buitelandse sake, samesprekings voer. Twee dae later sal hy vir President Volodymyr Zelensky in die Oekraïne ontmoet. Guterres het aan internasionale media gesê daar is slegs een agendapunt, vrede.
Bulle speel vir wyle Wannenburg, wen 46-29
Die Bulle het vir wyle Pedrie Wannenburg, hul oud-spanmaat wat in Houston, Texas, in ‘n motorongeluk gesterf het, gespeel en gewen. ‘n Oomblik van stilte is op Loftus Versfeld voor die afskop van die Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd ter ere van Wannenburg gehou. Die Bulle het Benetton met 46-29 geklop danksy Kurt-Lee Arendse. Marcell Coetzee, Chris Smith en Cyle Brink. Simphiwe Matanzima het op die nippertjie ‘n drie […]
Amupanda sê NLU is verteenwoordigers van setlaars en onderdrukkers
Die Namibiese Landbou-unie is deur die Nasionale Vergadering genooi om ’n verhoor by te woon aangaande ’n petisie vir die regulering van buitelandse grondeienaarskap in Namibië. Hierdie besprekings is voorafgegaan deur die indiening van ’n petisie deur die Affirmative Repositioning-beweging om die Wetsontwerp op die Regulering van Grondeienaarskap deur Buitelanders te wysig. Die landbou-unie het gesê buitelandse […]
Bedingingsraad verwerp saak van onbillike afdankings in Johannesburg
Die Stad Johannesburg het ‘n beslissing van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsbedingingsraad verwelkom. Die raad het die saak van stadswerknemers verwerp wie se vaste-termynkontrakte onwettig deur die voormalige burgmeesterskomitee na permanente poste verander is. Die lid van die burgemeesterskomitee vir Groep-Korporatiewe- en Gedeelde Dienste, Leah Knott, sê dié finale beslissing van die raad kanselleer gister se Arbeidshofbeslissing. Knott sê die stad gaan voort met die normaliseringsproses van kontrakte […]
Austin-polisie sê 16-jarige jaag teen 160 km/h in Wannenburg-voertuig vas
Die polisie in Austin in die Amerikaanse deelstaat Texas sê ‘n 16-jarige voortvlugtige het 160 kilometer per uur agter in die voertuig van Springbok-rugbyspeler Pedrie Wannenburg en sy gesin voertuig vasgejaag, deur die lug getrek en toe die kant van nog ‘n voertuig getref. Wannenburg is op slag dood en sy seun, Francois, veg om sy lewe […]
Waarnemende afrigers van Kaizer Chiefs kom vandag voor hul eerste toets te staan
Sokker: Die nuutaangestelde waarnemende afrigters van Kaizer Chiefs, Arthur Zwane en Dillon Shepherd, lei die span wanneer hulle vanmiddag teen Stellenbosch FC te staan kom. Die twee is aangestel ná die afdanking Donderdag van Stuart Baxter. Dit is die tweede keer dat Zwane en Shepherd as tydelike afrigters aangestel is. Hulle het verlede seisoen dieselfde poste beklee […]
Voedselproduksie in Namibië nie so maklik – landboukenner
Almal sê dat Namibië sy eie voedsel moet produseer. Maar is dit so maklik soos dit? Die idee dat ons selfvoorsienend kan word, is bloot ‘n teorie, volgens Wallie Roux, ‘n plaaslike landbounavorser…
Tertius Simmers gereed vir nuwe pos in infrastruktuur-ontwikkeling
Die voormalige Wes-Kaapse LUR vir menslike nedersettings, Tertuis Simmers, het sy aanstelling as die LUR vir infrastruktuur-ontwikkeling verwelkom. In sy nuwe rol sal Simmers toesig hou oor die daarstelling van ‘n departement wat aan die begin van die nuwe boekjaar op dreef sal kom. Simmers sê die 30,3 miljard rand wat aan infrastruktuur oor die mediumtermyn toegewys is, sal help met […]