Action Society tevrede met aanstelling van Reagan Allen

Die Action Society is tevrede met die aanstelling van Reagen Allen as die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Die direkteur, Ian Cameron, sê die burgerlike regte-organisasie is gereed om met Allen in sy nuwe posisie saam te werk. Allen is van Desember 2018 af ‘n DA-lid van die provinsiale wetgewer na die bedanking van Dan Plato. Hy is vir ‘n volle termyn verkies in 2019 se verkiesings. Hy is ook die voorsitter van die provinsiale staande komitee oor gemeenskapsveiligheid, kultuursake en sport.