Minder padongelukke, sterftes dié Paasnaweek

Slegs twee padsterftes het oor die Paasnaweek voorgekom teenoor die 12 in 2021 wat ‘n afname van 83 persent padsterftes is.  Altesaam 67 mense is beseer in die 31 padongelukke wat die afgelope Paasnaweek voorgekom het, volgens die Namibiese polisie se adjunk-inspekteur-generaal vir operasies, Joseph Shikongo. Hy het ook gesê dat padongelukke met 40 persent afgeneem het met 52 wat in die vorige jaar aangeteken is, terwyl beserings met 42 persent afgeneem het van 99 beserings wat in 2021 aangeteken is.