Trump se Truth Social is beskikbaar

Donald Trump se nuwe sosiale media-toep, Truth Social, is laat Sondag op die Apple App Store bekend gestel. Dit kan moontlik sy terugkeer na sosiale media beteken na hy verlede jaar op die tradisionele platforms verban is. Die toep was beskikbaar om af te laai kort voor middernag New York tyd en is outomaties afgelaai […]

Read More

Almal het ingeperk omdat China ingeperk het

‘n Britse professor in epidemiologie, Mark Woolhouse, het hewige kritiek teenoor Boris Johnson se regering uitgespreek in sy hantering van die pandemie. Die kwessie is in die nuus omdat Brittanje nuwe maatreëls, die wat Covid as endemies hanteer, bekend stel. Woolhouse sê die enigste rede hoekom daar inperkings was, is omdat China dit gedoen het.

Read More

Saftu staan saam met studente teen verpligte inentings

Saftu in Suid-Afrika sê hy ondersteun studente by die Universiteit van die Vrystaat wat teen verpligte inenting betoog. Drie betogers, insluitend twee studente, is oor die naweek in hegtenis geneem. Volgens berigte word studente en ander persone wat nie bewys van inenting kan lewer nie, toegang tot die kampus geweier. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, […]

Read More

SME’s sku om te leen, geen kollateraal

Klein sakeondernemings in Namibië maak nie gebruik van die fasiliteit wat deur die Ontwikkelingsbank van Namibië beskikbaar is nie. Die bank se hoof uitvoerende beampte, Martin Inkumbi het vroeër die situasie betreur. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gepraat oor die uitdagings. Hy meen die ekonomie speel ook ‘n rol.

Read More

Zim se CCC-party sê sy ondersteuners is gearresteer

Zimbabwe se vernaamste opposisieparty sê minstens 80 van sy ondersteuners is oor die naweek in hegtenis geneem terwyl hulle ‘n deur-tot-deur veldtog gevoer het in aanloop tot die parlementêre tussenverkiesings wat volgende maand gehou word. Die Citizens Coalition for Change-party, voorheen bekend as die MDC, sê hulle lede word in Masvingo, 300 kilometer suid van […]

Read More

Landbou-uitvoere het nie swartbemagtiging bewyse nodig nie

Die landbou-organisasie, Saai, sê die uitvoer van landbouprodukte sal nie belemmer word indien die uitvoerder nie ‘n Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtigingsertifikaat inhandig nie. Die organisasie het regsadvies ingewin nadat uitvoerders van landbouprodukte sedert Oktober verlede jaar bekommerd was omdat die uitvoerbeheerraad vir bederfbare produkte aangedring het dat BB-BEE-sertifikate ingehandig moet word. Saai se uitvoerende hoof, […]

Read More

Verlate taxi met beursie in word nou ondersoek

‘n Taxi met nommer X636 is tien kilometer Suid van Sukses op die B1 roete opgemerk. Die voertuig is langs die pad geparkeer en daar is ‘n beursie en ‘n langbroek in. Volgens Sean Naude van die Namibian Marshall Rangers is die voertuig reeds ‘n week lank daar geparkeer en owerhede is tans ingelig en […]

Read More

Rusland berei voor vir aanval – kenner

Die voormalige hoof van die Britse weermag, die afgetrede generaal Lord Richard Dannatt, sê dit is duidelik dat Rusland voorberei vir ‘n volskaalse aanval in die Oekraïne. Hy sê verder dat daar op die oomblik fopnuus versprei word. Hy verduidelik…

Read More

Olie-eksplorasie naby Oshivelo wil seismiese opnames doen

MEL Olie- en Gas-eksplorasie het te kenne gegee dat hy aansoek doen om ‘n omgewing klaringsertifikaat vir ‘n twee-dimensionele seismiese opname in die gebied van sy petroleum eksplorasie lisensie, PEL 93, op die noordoostelike hoek net buite die Etosha Nasionale Park. Die maatskappy, wat in die Verenigde Koninkryk geregistreer is, is op soek na olie […]

Read More

Cenored werk steeds aan uitstaande skuld

Cenored het verlede jaar daadwerklike aksie geneem met uitstaande skuld nadat NamPower gedreig het om verskeie munisipaliteite se toevoer af te sny as gevolg van miljoene dollar wat uitstaande is. Een van die munisipaliteite was Okahandja wat Cenored die elektrisiteit van verskaf. Charlie Matengu woordvoerder van Cenored het die jongste…

Read More