Dippenaar-broers seëvier by 2022 Omaruru Shell V-Power-tydren

Die Dippenaar-broers het koning gekraai by die 2022 Omaruru Shell V-Power-tydren. Wilro Dippenaar en sy navigator, Carolyn Swan, is die wenners in die S4-sedanklas.  Alan Marthin en navigator Maretha Olivier is die naaswenners, gevolg deur Steven Marnewick en navigator Jodine van Zyl derde. In die CR2-bakkieklas is Jandré Dippenaar en navigator Gielie Visser die wenners. Dirk Redman en navigator Flippie Liebenberg is die naaswenners, met Willie Schoeman en navigator SJ Schoeman in die derde plek. Die tweede Omaruru Shell V-Power-tydren is deel van die Namibiese Nasionale kampioenskap. Altesaam 12 voertuie het deelgeneem, waarvan vier het nie die tydren kon voltooi nie.