Vyftig sake in wildmisdaadhowe op Rundu en Katima Mulilo afghandel

Spesiale wildmisdaadhowe is op Rundu en Katima Mulilo gevestig waar vermeende wildmisdadigers verhoor word. Wildmisdaad vier hoogty in die Zambezi en Kavango-streke en verskeie wildprodukte soos onder meer ivoor word oorgrens na buurlande soos Zambië, Zimbabwe, Angola en Botswana gesmokkel. Tydens April is reeds 50 wildmisdaadsake in die spesiale wildmisdaadhowe afgehandel en strawwe vonnisse is opgelê.