Drie SA VRK-spanne wen hul tuiswedstryde

Rugby: Die Leeus het die Suid-Afrikaanse Verenigde Kampioenskap-partytjie wéér die naweek bederf want hulle is die enigste span wat teen hulle oorsese opponente verloor het. Connacht het die sukkelende span van Johannesburg met 33-30 geklop. Die Bulls het Benetton met 46-29 ore aangesit, terwyl die Haaie die voorlopers op die punteleer, Leinster, in Durban met 28-23 die loef afgesteek het. Die Stormers het Vrydag ‘n belangrike bonuspunt verdien met hulle oorwinning van 32-7 teen die Glasgow Warriors in Kaapstad.