Duitse atlete maak skoonskip by 2022 Afrika Driekamp-kampioenskappe op Swakop

Twee Duitse mans is onderskeidelik eerste en tweede oor die wenstreep van die 2022 Afrika Driekamp-kampioenskap op Swakopmund. Tim Hellwig en Valentin Wenz is onderskeidelik die wenner en naaswenner, met Stefan Zachäus van Luxemburg in die derde plek. In die elite vroue-afdeling is die wenner ook ‘n Duitse burger, Annika Koch. Suid-Afrikaner Shanae Williams is die naaswenner, gevolg deur Silke de Wolde van Nederland in die derde plek.