Einde van SA Express het groot impak op toerisme-bedryf

Die Suid-Afrikaanse parlement se portefeulje komitee oor openbare ondernemings sê die likwidasie-ooreenkomsproses van die SA Express-lugdiens kom nou nader. SAX het tans meer as 900 miljoen rand se skuld. Die komitee sê die verlies van die lugdiens is ‘n groot slag vir die groei van plaaslike toerisme. SAX het op vlugte na kleiner dorpe in Suid-Afrika gefokus. Die komitee doen ‘n beroep op die departement van openbare ondernemings om te verseker die probleme in staatsondernemings word uitgeken en opgelos voor dit te laat is.