Meer as 100 sterf in ontploffing by onwettige Nigeriese olieraffinadery

Meer as 100 mense is dood ná ‘n ontploffing by ‘n onwettige olieraffinadery in Nigerië se Rivers-staat. Werkloosheid in die olieproduserende Niger-delta maak onwettige ruolie-raffinering aanloklik, maar dodelik gevaarlik. Ru-olie word ontgin uit ‘n web van pypleidings wat deur groot oliemaatskappye besit word en in tydelike tenks tot produkte verfyn word.