Kommer oor in- en uitvoer van voertuie ná vloede in KwaZulu-Natal

Die Nasionale Vereniging van Motorvoertuig-vervaardigers in Suid-Afrika het sy kommer uitgespreek oor die in- en uitvoer van motors na die vloede in KwaZulu-Natal. Die uitvoerende hoof van Naamsa, Mike Mabaso, sê die vloede het ‘n negatiewe impak op die motorbedryf. Mabaso sê hulle oorweeg maniere om sommige van die beskadigde motors te herstel om te verseker hulle werk behoorlik voor hulle na die kleinhandelmark teruggestuur word.