Suide-damme is propvol

Volgens die jongste Namibiese dambulletin van NamWater is die Suide-damme propvol met die Nautedam wat 108 persent vol is en die Neckartaldam 101,4 persent vol nadat 5,454 miljoen kubieke meter water oor die damwal geloop het. Die Hardapdam is weer 73,4 persent vol nadat dit invloei van 10,526 miljoen kubieke meter water gehad het. Die […]

Read More

Sestig studente van Wits in hospitaal opgeneem

Die Universiteit van die Witwatersrand stel ondersoek in nadat 60 studente verlede nag in die hospitaal opgeneem is. Paramedici is ingeroep nadat die studente van asemnood gekla het. Hulle het volgens berigte almal in dieselfde eetsaal van studenteverblyf in Johannesburg geëet. Volgens die universiteit is die eetsaal gesluit en daar word ondersoek ingestel om die […]

Read More

DA se alternatiewe begroting sal korrupsiebelasting insluit

Die DA se skaduminister vir finansies, Dion George, sê die party gaan ‘n Privaatlede-wetsontwerp by die Parlement indien wat ‘n belasting op korrupsie bevat. George het tydens die lewering van die 2022 alternatiewe begrotingsbeleid by die DA se federale hoofkantoor in Kaapstad gepraat. Hy stel voor dat individue en ondernemings wat beskuldig word van korrupsie […]

Read More

Pres. Cyril Ramaphosa vereer gevalle weermaghelde

Dis helde in uniform wat verseker Suid-Afrika kan snags in vrede slaap met die wete die land is veilig. Dit was President Cyril Ramaphosa se boodskap as opperbevelhebber van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag op die Gewapende Magtedag-viering in Mpumalanga. Ramaphosa het hulde gebring aan Tebogo Radebe wat einde verlede jaar in Cabo Delgado gesterf het […]

Read More

Gasvryheidsvereniging van Namibië hou suksesvolle kongres in die Suide

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het die afgelope naweek sy toerisme-kongres in die Suide by Lüderitz gehou. Teenwoordigers van verskeie sektore was byeen om die Karas-streek en die Sperrgebiet Nasionale Park as toerisme-bestemming te bevorder. Volgens die uitvoerende hoof van die vereniging, Gitta Paetzold, was die kongres baie suksesvol.

Read More

SA polisieminister: Zuma se inhegtenisname het onlus laat vlam vat

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, glo die inhegtenisneming van gewese president Jacob Zuma, het die geweld verlede jaar in KZN en Gauteng laat vlam vat. Hy was die eerste getuie by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se nasionale ondersoek na die versetoptrede in Sandton, Gauteng. Die eerste sittings was in KwaZulu-Natal waar die geweld en […]

Read More

Covid-positiewe koers staan op slegs twee persent

Die Namibiese gesondheidsministerie het 24 nuwe Covid-gevalle uit 1 226 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van twee persent verteenwoordig. In die groep is nege leerders van verskillende skole. Daar is nou 2 604 aktiewe gevalle, waarvan 52 pasiënte in hospitale is en drie in hoësorgeenhede. Altesaam 371 391 persone is ten volle ingeënt. Die […]

Read More

Derde storm in week saai verwoesting in Brittanje

Vir die eerste keer sedert storms in Brittanje sewe jaar gelede begin name kry het, het drie van hulle die land binne ‘n enkele week getref. Storm Franklin het kort op die hakke van Dudley en Eunice gevolg om wydverspreide verwoesting te saai. Volgens die jongste berigte het die Donrivier in Yorkshire afgekom. Verskeie mense […]

Read More

Ace Magashule se voorverhoor is uitgestel tot Junie

Die voorverhoor van die ANC se geskorste sekretaris-generaal, Ace Magashule, is uitgestel tot 10 Junie. Magashule het vanoggend in die hooggeregshof in Bloemfontein in die Vrystaat verskyn. Hy wil hê die korrupsie-aanklagte teen hom moet teruggetrek word. Magashule en 15 medebeskuldigdes staan ook tereg op aanklagte van bedrog en geldwassery wat verband hou met die […]

Read More

SA Produsente-boerregister vanmiddag bekend gestel

Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza, sal vanmiddag die Produsente-boerregister by die Radisson Hotel en Konferensiesentrum in Johannesburg bekendstel. Die bekendstelling, wat ‘n versameling van geografiese data en demografie van plase en boere, produksie-bedrywighede en infrastruktuur is, speel ‘n belangrike rol in ekonomiese groei. Die departement sê betroubare data is benodig om te beplan vir die behoud van voedselsekerheid, […]

Read More