Byna 100 tronkbeamptes in SA ontslaan wat help met ontsnappings

Suid-Afrika se Korrektiewe Dienste se jongste verslag oor tronk-ontsnappings toon aan 94 amptenare is ontslaan vir die smokkel van onwettige dwelmmiddels na tronke en vir die aanhelp van ontsnappings. Die mees onlangse ontsnapping was by die Malmesbury-gevangenis in die Wes-Kaap. Drie gevangenes het ontsnap en twee is weer gevang. Logan Maistry van die departement sê hulle werk aan die verhoudingsgetal van amptenare tot gevangenis, wat deur oorbevolking in tronke skeefgetrek is.