Macron loop glo voor in Franse verkiesing

Franse kiesers stroom na stemlokale om te besluit of hulle die gematigde Emmanuel Macron vir nog vyf jaar as president wil hê en of hulle hom met die verregse kandidaat Marine Le Pen wil vervang. Na ‘n erg-verdelende verkiesingsveltog voer Le Pen ‘n opdraende stryd met haar 44-jarige teenstander wat volgens peilings voorloop. Volgens internasionale media is die keuse vir kiesers duidelik – om te kies tussen ‘n pro-Europese president in die stoel of ‘n nasionalistiese kandidaat wat beoog om die Moslem-kopdoek te verbied en immigrasie te beperk.