CoW nooi inwoners van Brakwater en Elisenheim uit na vergadering

Inwoners van Brakwater en Elisenheim word deur Stad Windhoek uitgenooi om môre ‘n belangrike vergadering by te woon. Inwoners sal ingelig word oor die stadsraad se besluite oor die uitgebreide grense van die stad en gepaardgaande eiendomsbelasting-tariewe. Veral Brakwater-inwoners is hoogs ontevrede oor dié hoër belastingtariewe. Die vergadering vind Maandagaand tussen half-ses en half-sewe by Elisenheim plaas.