Ian Khama ontken dat hy voortvlugtig is

Botswana se voormalige President Ian Khama ontken dat hy voortvlugtig is. Hy bevind hom tans in Suid-Afrika en sê hy ontduik nie die gereg in sy tuisland nie. Khama word van die onwettige besit  van vuurwapens in Botswana aangekla, maar hy sê die aanklagte is oordryf.