Max Verstappen spring eerste weg in Imola

Motorsport: Max Verstappen van die Red Bull-span het die naelren in Imola met ‘n dramatiese verbysteek in die voorlaaste rondte gewen en spring in die voorste plek in vanmiddag se Grand Prix weg. Lewis Hamilton het weer ‘n slegte dag agter die stuur gehad en kon slegs die 14de plek behaal. Die uitslag beteken die 24-jarige Charles Leclerc wat in die tweede wegspringplek is, is nou die voorloper op die punteleer met 40 punte. Hamilton is 51 punte agter die Ferrari-renjaer.