Dawie de Villiers (81) oorlede

Die voormalige Springbok-kaptein Dawie de Villiers is op 81-jarige leeftyd in sy huis op Stellenbosch oorlede. De Villiers, kaptein van die Bokke in die laat 1960’s en 70’s het in 25 toetse gespeel. De Villiers was ‘n kabinetsminister en predikant. Hy het sy buiging vir die WP gemaak, toe vir die Boland uitgedraf en sy loopbaan by Transvaal afgesluit. De Villiers was ook ‘n lektor aan die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit in Johannesburg en Suid-Afrikaanse ambassadeur in Londen.