Kabeldiefstal-sindikaat in Johannesburg vasgetrek

Die Stad Johannesburg het bevestig agt verdagtes wat na bewering deel is van ‘n kabeldiefstal-sindikaat is aangekeer. Die verdagtes is in besit betrap van kabels van een miljoen rand. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir die omgewing en infrastruktuur, Michael Sun, sê die stad is in kennis gestel van groothandelaars wat die gesteelde kabels uitvoer. Sun sê nog sekuriteitsmaatreëls word ingestel op infrastruktuurvlak. Hy doen ‘n beroep op die Gautengse polisie om die Wet op Tweede Handse Goedere toe te pas.