Talle slagoffers van KZN-vloede het nie begrafnispolisse

Die forum van die KwaZulu-Natalse Begrafnisvereniging sê minder as 50 mense gaan die naweek begrawe word. Die voorsitter van die forum, Nomfundo Mcoyi sê die regering is traag met die verskaffing van fondse wat vir begrafnisuitgawes belowe is. Mcoyi sê die forum kan slegs diegene begrawe wat begrafnispolisse het, want die meeste slagoffers is nie verseker nie. Sy voeg by die liggame moet so gou moontlike begrawe word want dit kan ‘n gesondheidsgevaar inhou.