Ramaphosa besoek die DRK

President Cyril Ramaphosa is op ‘n werksbesoek in Kinshasa in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Hy sal aan die tiende hoëvlak-vergadering van die Streeks-oorsigmeganisme van die Raamwerk vir Vrede, Sekuriteit en Samewerking deelneem. Die Presidensie sê die vergadering sal aandag skenk aan samewerking op politieke- en sekerheidsvlak en inisiatiewe om ekonomiese ontwikkeling en streeksintegrasie te versterk deur samewerkende oorgrensprojekte. Ramaphosa […]

Read More

Brent skiet die hoogte in, Biden sê Rusland sal betaal

Die prys van Brent Ru-olie het verder gestyg en verhandel tans bo 102 Amerikaanse dollar ‘n vat met die Russiese inval in die Oekraïne. Die Russiese President Vladimir Putin se inval het rondom vyf-uur vanoggend plaaslike tyd, begin. Die Suid-Afrikaanse beleggingsekonoom Dawie Klopper het vroeër voorspel dat olie tot by 110 Amerikaanse dollar kan verhandel sou die Russe hul […]

Read More

Lüderitz-inwoners eis arrestasie na plaaswerker sterfte

Inwoners van Lüderitz het ‘n petisie aan die Karas-polisiehoof David Indongo gerig en gevra dat Poenie van Zyl in hegtenis geneem word. Dit volg na die dood van die 33-jarige plaaswerker, Edmund Ndaukako. Sy liggaam is Saterdag buite die dorp gevind. Sy familie het hom op 14 Februarie as vermis aangemeld nadat hy op 11 […]

Read More

Mediese student wil nie tronk toe gaan na vervalste Covid-toets nie

Plaaslike media berig dat ‘n sewende-jaar mediese student, Mussa Phiri, 28 jaar oud, op die oomblik ‘n hofstryd het om vrygelaat te word uit die gevangenis uit. Hy is twee jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is van die vervalsing van Covid-uitslae by die Namibiese grens. Hy is nie die opsie van ‘n boete […]

Read More

Vermaaklikheidsbedryf herstel in Namibië

Die vermaaklikheidsbedryf in Namibië is besig om te herstel nadat hulle swaar deur die Covid-pandemie getref is. June Shimuoshili, ‘n vermaaklikheidsjoernalis in Namibië, is van mening dat die bedryf reeds in die tweede maand besig is. Sy is optimisties dat die bedryf vanjaar beter as verlede jaar sal groei. Met 500 persone wat nou by […]

Read More

Moenie by die Wêreldbank, IMF leen nie – EFF

Die EFF in Suid-Afrika doen ‘n beroep op die regering om nie aansoek te doen vir lenings by die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank nie. Die party is oortuig hierdie lenings sal Suid-Afrika vasvang in ‘n skuld-siklus. Die party het gister voor die begrotingsrede in Kaapstad betoog teen die lenings. Die EFF se adjunkpresident, […]

Read More

Rusland se inval in die Oekraïne het begin

President Vladimir Putin se inval in die Oekraïne het begin. Hy het vroeër sy land se lugruim teen die grens met die Oekraïne vir burgerlike lugvaart gesluit en het net na vyf-uur plaaslike tyd vanoggend ‘n militêre operasie in Donetsk en Luhansk aangekondig, blykbaar om die twee wegbreekstreke te beskerm. Intussen het die Amerikaanse President […]

Read More

Alles is reg vir die begroting vanmiddag

Die meeste Namibiërs gaan vanmiddag voor hul TV-skerms, selfone en radio’s vasgenael wees om te hoor wat die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, tydens sy begrotingsrede in die parlement bekend gaan maak. Die woordvoerder van die ministerie, Wilson Ashikoto, sê hulle is gereed vir die begrotingsrede.

Read More

15% van Eskom se skuld ingevorder

Die bestuurshoof van Eskom, André de Ruyter, sê hulle het daarin geslaag om hul skuld met 15 persent te verminder, maar die balansstaat bly steeds onder druk. Hy het voor die Parlement se portefeuljekomitee oor Openbare Ondernemings verskyn. Eskom het in die ses maande tot einde September ná belasting ‘n wins van 9,2 miljard Suid-Afrikaanse […]

Read More

Banyana is deur na vrouebeker!

Banyana Banyana het hul plek in die Afrika-nasiebeker bespreek toe hulle in die tweede skof met een elk teen Algerië gelykop gespeel het. Hulle het met ‘n totaal van 3-1 deurgedring nadat hulle, hul wedstryd verlede week in die Orlando-stadion met 2-0 gewen het. Linda Mothlalo se doel van ‘n strafskop af kort voor rustyd […]

Read More