Roetine-inentings het tydens die pandemie gely

Die Gautengse Departement van Gesondheid sê die Covid-19-pandemie het die roetine-inentingdiens ontwrig en die inentingskoers wat reeds laag was, verder laat verswak. Die inentingskoers van kinders jonger as een-jaar het in die 2020-2021-boekjaar afgeneem, maar het sedertdien verbeter. Die departement se woordvoerder, Kwara Kekana, sê jong kinders van geboorte tot vyf jaar is kwesbaar vir aansteeklike siektes soos polio, tuberkulose, masels en meningitis: