Hofrolle te vol om regte van beskuldigdes te beskerm

Die Namibiese Grondwet waarborg ‘n beskuldigde die reg om binne ‘n redelike tyd verhoor te word. Maar, dit blyk nie die geval te wees in die Eenhana-streekhof nie, aangesien sy hofrol reeds vol is tot 4 Desember 2024. Dit lyk of vir die 2025-dagboek gewag moet word om sake vir verhore vas te stel. Prokureur Wilmarie Horn van W Horn Attorney op Oshakati gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die agterstand in howe.

Horn verduidelik ook watter impak dit op die regte van beskuldigdes het.