Miljoene in subsidies vir staatsondernemings

Die Namibiese ministerie van finansies het amper 747 miljoen Namibiese dollar aan openbare ondernemings in die huidige boekjaar bewillig. Volgens die minister wat ook by openbare ondernemings waarneem, Ipumbu Shiimi, is die fondse in die vorm van subsidies. Namibia Wildlife Resorts sal die grootste subsidie van meer as 188 miljoen dollar ontvang, terwyl TransNamib, 175 miljoen dollar sal kry. Die Namibiese Instituut vir Patologie kry 107 miljoen dollar en die landbou-ontwikkelingsagentskap AgriBusDev kry 75 miljoen dollar, met Amta wat bemarking van die produkte hanteer op ‘n subsidie van 72 miljoen dollar. Shiimi sê openbare ondernemings speel ‘n kritieke rol in die ekonomie van enige land, veral vir lande wat in ‘n ontwikkelingstadium soos Namibië is.