Kaapstad verwelkom afstandswerksvisum

Die Stad Kaapstad sê die implementering van ‘n afstandswerkvisum sal ekonomiese groei ‘n groot hupstoot gee. Hierdie visum sal beroepslui in staat stel om in Suid-Afrika te woon terwyl hulle vir ‘n buitelandse maatskappy in die land werk. Die huidige visumstelsel laat hierdie beroepslui in die land toe, maar slegs vir 90 dae of minder. Die stad se woordvoerder, James Vos, sê hy het die ekonomiese voordele van hierdie nuwe visum die eerste keer beklemtoon toe Kaapstad verlede jaar die Big 7 Travel-webtuiste se lys beste stede vir afstandswerk gehaal het: