Oekraïne vra hulp met kernfasiliteite

Die Internasionale Atoomenergieagentskap sê Oekraïne het ‘n omvattende lys van toerusting verskaf wat die land nodig het om sy kernfasiliteite tydens die oorlog veilig te bedryf. Die agentskap sê dit sluit in instrumente om bestraling te meet, afskermmateriaal, elektriese kragstelsels en dieselopwekkers. Russiese magte het sedert die begin van die oorlog twee kernaanlegte, Zaporizhzhia en Chernobyl, oorgeneem, maar dit is nou weer onder Oekraïnse beheer.