Zelensky pleit by EU vir strenger sanksies

Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het by die Europese Unie gepleit om strenger sanksies teen Rusland in te stel. Die groep het Moskou nog nie met ‘n volle aanslag van strafmaatreëls getref nie. Moskou het intussen alle vliegtuie, insluitende oorgangvlugte van die Verenigde Koninkryk sy lugruim verbied nadat sy vlagskipdraer Aeroflot verbied is om […]

Read More

SA-vrugteboere gee samewerking met nuwe ooreenkoms

Vername belanghebbendes in die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf het onderneem om saam te werk deur die nuut-geformuleerde maatskaplike ooreenkoms vir die bedryf te aanvaar. Die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sê die doel van die ooreenkoms is om maatskaplik-ekonomiese groei in die bedryf te verseker ooreenkomstig die riglyne van die Nasionale Ontwikkelingsplan. Die belanghebbendes het hulle […]

Read More

Florin hoor eers oor ‘n week

Thomas Florin sal volgende week Vrydag weet of sy aansoek om vrylating, wat hy reeds as ‘n dringende aansoek in 2020 gebring het, suksesvol was of nie. Florin is in Desember 1999 skuldig bevind aan die moord van sy vrou Monica in Junie 1998. Die moord het groot opslae gemaak omdat hy haar oorskot gekook […]

Read More

NLU se skaapwaardeketting-studie amper voltooi

Die Namibiese Landbou-unie sê die studie oor die skaapwaardeketting wat deur die Lewendehawe Produsente Organisasie saam met Hartlief onderneem is, is byna gefinaliseer. Die studie toon definitiewe geleenthede vir internasionale markte as ’n aanvullende bemarkingsalternatief tot die bestaande Noorweegse mark. Die geleentheid is dus daar, maar heelwat uitdagings sal te bowe gekom moet word om […]

Read More

Selfs die vervoer van die olie is duurder

Olietenkskepe se tariewe styg wêreldwyd terwyl handelaars sukkel om kommer oor moontlike ontwrigting in Russiese voorrade die hoof te bied. Daar is ook verhoogde versekeringpremies vir skepe wat die Middellandse-see benut as gevolg van oorlogsrisiko’s. Maar, die probleem eindig nie daar nie. Skeepseienaars worstel ook met hoër brandstofkoste om die olie te vervoer. Wêreldwyd is […]

Read More

Calle maan hervestigde boere om produtief te wees

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein, sê hervestigde boere dien as ‘n bemagtigingsinstrument wanneer hulle grond bekom, wat ‘n produktiewe bate is, en wat hulle dan in staat stel om ander in diens te neem en by te dra tot sosio-ekonomiese ontwikkelingsdoelwitte. Schlettwein was by Rietfontein se werkswinkel wat boere net voor hervestiging oplei. Volgens Schlettwein […]

Read More

‘n Derde van Tsjad se bevolking lei honger

Volgens syfers van die Verenigde Nasies is Tsjad die derde armste nasie ter wêreld. In 2021 is die land 113de uit 116 nasies op die “Global Hunger Index” geplaas en Unicef beraam dat van die land se bevolking van 15 miljoen, sowat 5,5 miljoen, insluitend 2,7 miljoen kinders, vanjaar humanitêre hulp nodig sal hê. Die […]

Read More

Erwee teken eerste honderdtal aan

Sarel Erwee het sy heel eerste honderdtal aangeteken terwyl Suid-Afrika 238 vir drie behaal het in sy eerste beurt voor die paaltjies op die eerste dag van die tweede toets teen Nieu-Seeland in Christchurch. Erwee en kaptein Dean Elgar het ‘n vennootskap van 111 behaal voordat Elgar op 41 deur Tim Southee uitgeboul is. Daarna […]

Read More

NSFAF en Hilya weer in die hof

Die regstryd tussen die Namibiese Studente Hulpfonds en sy hoof uitvoerende beampte, Hilya Nghiwete is weer vandag in die hoërhof. Die fonds appelleer teen die beslissing van die arbiter dat Nghiwete, wat sedert April 2018 geskors was, heraangestel moet word. Die fonds het in Januarie aan die hof gesê die belastingbetaler het nou reeds meer […]

Read More

Kiëv se geboue brand, vegvliegtuie afgeskiet

Media in die Oekraïne berig twee geboue waarin mense woon in die Oekraïnse hoofstad is aan die brand nadat ‘n ongeïdentifiseerde vliegtuig onderskep is. Dit volg na berigte dat ‘n Russiese vliegtuig vroeg vanoggend in die Darnytskyi-distrik van Kiëf afgeskiet is terwyl Rusland sy inval op Oekraïne verskerp. Volgens die media is die Oekraïnse grenspos […]

Read More