Daar sal genoeg krag wees, as stasies hou – Eskom

Eskom in Suid-Afrika beloof as kragstasies nie ineenstortings beleef nie, sal daar oor die winterseisoen genoeg elektrisiteitsvoorsiening wees. Die kragverskaffer het verlede week beurtkrag opgeskuif na fase 4 nadat die opwekkingskapasiteit verder agteruitgegaan het. Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, sê kragonderbrekings word nie die res van die week voorsien nie. Hy doen egter weer ‘n beroep dat elektrisiteit versigtig gebruik moet word: