Rusland en VSA ruil gevangenes uit

Rusland en Amerika het gevangenes uitgeruil. Die 30-jarige Trevor Reed, ‘n gewese soldaat van Texas en die Russiese vlieënier, Konstantin Yaroshenko, ‘n veroordeelde dwelmsmokkelaar, is uitgeruil. Reed is in 2019 in Rusland skuldig bevind dat hy die lewens van twee polisiebeamptes in gevaar gestel het terwyl hulle dronk was tydens ‘n besoek aan Moskou. Die uitruiling het in ‘n Europese land gebeur, maar die owerhede wou nie sê waar nie. Reed se ouers het gesê hulle is in Turkye uitgeruil.