Boksgeveg tussen The Beast en Jonas Matheus gaan vuurwerke wees

Nestor Tobias van die MTC Nestor Sunshine Promotions het bevestig dat sy bokser Mateus ‘The Beast’ Heita en MTC Salute se Jonas Matheus op 28 Mei teen mekaar in die kryt sal klim vir die WBA Pan-Afrika superbantam gewigstitel. Die boksgeveg sal by die Kuisebmond-stadion op Walvisbaai plaasvind. Tobias sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit gaan ‘n aand van vuurwerke wees.