Sakereddingstaakmaag: Nie alle besighede kan gered word

Die Sakereddingstaakmag wat deur Namibiese President Hage Geingob op 1 Julie 2021 aangestel is om om globale en binnelandse sakewette, -beleide en -raamwerke te hersien, het in hul finale verslag van sakeredding in Namibië bevind nie alle besighede kan gered word nie. Volgens die verslag moet besigheidsredding slegs nagestreef word wanneer daar ‘n “redelike vooruitsig” is dat die besigheid in staat is om gered te word.