Graad 1-ouers wil weet wat hulle kinders gespuit is by skool

Die herrie blyk om los te wees op Walvisbaai. Twee ouers van graad 1-leerlinge van die JP Brandt Primêre Skool op die hawedorp dreig met regsaksie deur ‘n prokureursbrief nadat hul kinders glo sonder hul toestemming by die skool inspuitings gekry het. Volgens ‘n brief van Metcalfe Beukes Attorneys eis die ouers vanoggend om nege-uur ‘n antwoord oor hul kinders se inentings, en ook waarvoor hulle ingeënt is. Hulle vra ook vir ‘n nood-ouervergadering vanaand met die skool. Een van die kinders het glo newe-effekte van die inspuitings.