Kawana maan parlementslede moet Namibië eerste stel

Die Namibiese minister van binnelandse sake, dr, Albert Kawana, het vandag in die Nasionale Vergadering parlementslede gewaarsku om Namibië eerste te stel. Dit volg na ‘n hewige debat oor onderhoude wat gevoer is oor die aanstelling van kommissarisse van die Verkiesingskommissie van Namibië. Kawana het voorgestel dat parlementslede politiek vir boks verruil.