IPC se nasionale raad sit môre en Saterdag

Die Independent Patriots for Change gaan hul eerste Nasionale Raad van Patriotte-vergadering vanaf 29 tot 30 April by die Safari Hotel in die hoofstad hou. Dit is die tweede grootste besluitnemingsliggaam van die party. Tydens die vergadering sal kwessies soos beleide en posisies bespreek word terwyl vir die volgende nasionale verkiesing voorberei sal word. Die party was onlangs in die nuus met verskeie lede wat geskors is. Die nasionale sekretaris van die party, Christine !Aochamus …