Brand by Uis onder beheer

‘n Reuse-brand wat in die omgewing Omatjete uitgebreek en in die rigting van Uis versprei het, het effe bedaar. ‘n Boer in die omgewing, Ippen Naruseb, sê talle lede van kommunale bewaringsgebiede, asook die Uis-myn, het kom help om die vlamme te blus.