Geingob wens SA geluk met 28ste Vryheidsdag

President Hage Geingob het vandag die mense van Suid-Afrika gelukgewens met die viering van hul 28ste Vryheidsdag. In ‘n verklaring wat Woensdag deur die kantoor van die Presidensie uitgereik is, het Geingob Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa gelukgewens en gesê op 27 April 1994 was Namibië getuie van ‘n geskiedkundige oomblik waarin die mense van Suid-Afrika ‘n nuwe demokrasie ingelui het. Hy sê dit het die kroon geplaas op Suid-Afrika se stryd om vryheid.