Suide se damme is oorlopens toe vol

Volgens die Hidrologiese Dienste van Namibië is die Suide-damme steeds oorlopens toe vol met die Nautedam wat 100,8 persent vol is, die Neckartaldam 100,5 persent en die Hardapdam is 73 persent vol. In die sentrale gebied is die Swakoppoortdam 97,6 persent vol en die Von Bachdam 52,9 persent. Die totale stand van damme landwyd staan […]

Read More

Meer oor nuwe gesondheidsbeleide, sal diens verbeter

Die Namibiese gesondheidsministerie het vier beleide bekend gestel in hul strewe om gesondheidsorg in die land volgens internasionale standaarde te verskaf. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sê die beleide verseker die voorsiening van kwaliteit diens vir gesondheidsorg in Namibië. Hy sê die hoofdoel is om kwaliteit gesondheidsorg in beide openbare en privaat sektore te verbeter. […]

Read More

‘Los die kernwapens uit en maak soos daardie Duitser in Berlyn in Mei 1945’

Die Britse minister van verdediging sê Rusland se inval van Oekraïne verloop nie volgens plan nie en is plek-plek chaoties. Ben Wallace sê hy glo nie die aanval wat Moskou verlede week van stapel gestuur het, het die strategiese uitwerking wat die Oos-Europese moondheid gedink het dit gaan hê nie. Intussen sê Sergiy Kyslytsya, die […]

Read More

Nehawu teleurgesteld oor hof se besluit oor salarisse

Die Nasionale Onderwys-, Gesondheid- en Verwante Werkersvakbond in Suid-Afrika, Nehawu, sê dis jammer die Konstitusionele Hof het die Arbeidshof se beslissing oor die 2018-ooreenkoms oor staatsalarisse bekragtig. Die staat het salarisverhogings ingestel in 2018/2019 en 2019/2020, maar sê dit kan weens gebrek aan fondse nie die derde fase vir 2020/2021 nakom nie. Die laaste jaar […]

Read More

Russiese konvooi van 64km op pad Oekraïne toe

Die Russiese militêre konvooi wat op die Oekraïne se hoofstad toesak, strek volgens Maxar Technologies oor sowat 64 kilometer. Die Amerikaanse satellietbeeldmaatskappy het gesê foto’s wat Maandag geneem is, wys die konvooi “bevat honderde gepantserde voertuie, tenks, artillerie en logistieke ondersteuningsvoertuie”. Die Maxar-foto’s het ook ontplooiing van grondmagte en grondaanvalhelikopter-eenhede in die suide van Belarus. […]

Read More

Nuwe arbeidsregulasies geld vir buitelandse werkers in SA

Die Suid Afrikaanse minister van arbeid, Thulas Nxesi, sê die regering beoog om kwotas in te stel op die aantal buitelandse burgers, wat in die land se belangrikste ekonomiese sektore in diens geneem kan word. Nxesi sê die regulasies sal veral geld vir geskoolde buitelandse burgers met geldige werksvisums, om meer mense met die nodige […]

Read More

Opgradering van Pilditch-stadion werp vrugte af

Die Stad Tshwane se belegging in die opknapping van die Pilditch-stadion werp vrugte af aangesien die gerief ‘n Interhoër-atletiekbyeenkoms aangebied het. Die byeenkoms was ‘n merkwaardige sukses met baie hoërskool-atlete wat meegeding het. Skole in die land kon weens Covid-inperkings vir bykans twee jaar nie sportbyeenkomste aanbied nie. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê […]

Read More

Toerismebedryf verheug oor heropening van grenspos by Oranjemund

Die grenspos tussen Oranjemund en Alexanderbaai heropen môre. Dié belangrike grenspos tussen Namibië en Suid-Afrika is vanaf Maart 2020 weens die Covid-pandemie gesluit. Dit het vervoerkoste na Oranjemund verhoog met ‘n bykomende 240 kilometer wat vanaf die Noordoewer-grenspos na Oranjemund gery moes word. Veral die toerismebedryf op Oranjemund is verheug oor die grenspos wat heropen.

Read More

Grootste vragvliegtuig in Russiese aanval vernietig

Die wêreld se grootste vliegtuig, die Antonov An-255 wat deur die Antonov-staatsmaatskappy in die Oekraïnse hoofstad Kiëf gebou is, is in ‘n Russiese aanval op ‘n vliegveld buite die stad verwoes, volgens die minister van buitelandse sake, Dmytro Kuleba. Die reuse-vragvliegtuig is veral tydens die Covid-pandemie gebruik om mediese voorraad te vervoer.

Read More

В социальных сетях сообщают, что украинские ДРГ начали работать по территории Белгородской и Ростовской области.

Из проверенных и достоверных источников мы получили информацию, что в Белгородской области начали работать украинские диверсанты – причем они используют те же метки и тактику, которые россияне использовали на территории Харькова и области. В Майском и Красном обеспокоенные жители заявляют, что видели подозрительных мужчин, которые фотографировали жилые дома, заправки и магазины и размещали на крышах […]

Read More