Guterres sê Kiëf-aanvalle was om VN te verneder

Rusland se lugaanvalle op Kiëf tydens van die besoek van die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, word wyd veroordeel. Die omvang van die skade en sterfgevalle het Vrydag en vandag duideliker geword. Die VN sê die lugaanvalle het ten doel gehad om die wêreldliggaam te verneder. Die missielaanvalle het begin kort nadat die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, en Guterres ‘n nuuskonferensie gehou het. Die sekretaris-generaal sê Oekraïne het die middelpunt van onbeskryflike verdriet en pyn geword.