Hoop dat eerste koue sprinkane begin beperk

Die Mariental-munisipaliteit het ‘n beroep op inwoners gedoen om die voorkoms van sprinkane aan te meld. Die dorpsraad sê hy ervaar baie groot uitdagings en die plaag kom steeds voor as gevolg van sporadiese reënval. Daar is talle landerye en boorde in en om die dorp en die Hardap-groenskema is ook bedrywig net noord van Mariental. Die munisipaliteit sê spoorvervoer ly ook daaronder, sowel as graslande wat van kritiese belang is vir boere in en om die omgewing. Die Namibiese weerkantoor het die eerste werklike kouefront van die seisoen vir die naweek voorspel en daar is hoop dat dit die plae, wat in die Hardap- en Karas-streke voorkom, onder beheer sal bring. Dit is die vierde plaag met meer as ‘n miljoen hektaar in die gebied wat reeds geraak is.