Motorsport vergader vandag oor Oekraïnse krisis

Die president van die Internasionale Federasie van Motorsport, die FIA, Mohammed Ben Sulayem, het vandag ‘n buitengewone vergadering van die wêreld se motorsportraad belê om sake in verband met die voortslepende krisis in die Oekraïne te bespreek. Die Internasionale Olimpiese Komitee het aanbeveel dat atlete van Rusland en Belarus verbied word om aan internasionale geleenthede […]

Read More

Dit gaan broeskeur met almal gaan

Namibiese motoriste sal vanaand hulle motors volmaak met die reuse brandstofprysstyging wat Maandag aangekondig is. Plaaslik styg water en elektrisiteit eers in die middel van die jaar maar, in Suid-Afrika, betaal verbruikers reeds meer vir krag met ‘n verhoging van net meer as 9 persent wat aangekondig is. Daar, sal die brandstofprys ook om middernag […]

Read More

Namibië vaar klaarblykik beter as vasteland met herwinning

Daar is kommer oor toenemende plastiek-afval regoor die vasteland met sommige lande wat ook storting van die afval ervaar. Volgens die VN se Omgewingsprogram versnel plastiekbesoedeling in Afrika, deels gedryf deur swak vullisversameling en gebrek aan herwinningsfasiliteite. Gys Louw, die besturende direkteur van Rent-A-Drum, sê herwinning vorder eintlik uiters goed in Namibië.

Read More

Pleidooi vir verhoging kom nie van nêrens af nie – Tucna

Terwyl daar groot reaksie is op Suid-Afrika se hoogste hof wat die beslissing, dat staatsamptenare nie ingevolge ‘n drie-jaar ooreenkoms verhogings kan kry nie, te bekragtig, is die plaaslike situasie heelwat anders. Staatsamptenare in Namibië het ongeveer sewe jaar terug hul laaste verhoging gehad en onderhandelings in die verband het op ‘n dooiepunt uitgeloop. Tans […]

Read More

Betoging in die Kaap vir Oekraïne

Die Oekraïnse vereniging van Suid-Afrika het Oekraïners, Suid-Afrikaners en vriende genooi om vandag 12-uur by die kantoor van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking in Kaapstad by hulle betoging aan te sluit. ‘n Woordvoerder sê betogers moet plakkate en simbole saambring wat hulle land verteenwoordig. Dit is ‘n vreedsame betoging en deelnemers moet die […]

Read More

Nuwe hoof vir SA-staatsveiligheid aangestel

President Cyril Ramaphosa het Thembisile Majola vir ‘n periode van drie jaar aangestel as die nuwe direkteur-generaal van die Staatsveiligheidsagentskap. Majola is ‘n voormalige adjunkminister van Energie en Suid-Afrika se ambassadeur in Senegal, Mauritanië, Kaap Verde, Gambië en Guinee Bissau. Ramaphosa sê Majola se aanstelling is ‘n belangrike stap in die regering se werk om […]

Read More

Venaani tree in by studente in Oekraïne

Die amptelike opposisieleier, McHenry Venaani, het ook die optrede deur die ministerie van internasionale betrekkinge in verband met die repatriasie van studente in die Oekraïne verwelkom. Afgevaardigdes van die Namibiese ambassade in Duitsland sal die Namibiese studente bystaan in Pole en gesprekke is ook reeds met Poolse owerhede gevoer. Hy het sy tevredenheid uitgespreek na […]

Read More

Handelaars vies oor verskuiwing vir Ongos-hoofpad

Informele handelaars by die sogenaamde Havana-vierrigtingstop is haaks met Stad Windhoek se owerhede nadat hulle verskuif is om plek te maak vir ontwikkeling. Plaaslike media berig dat hulle op die roete van die behuisingsontwikkeling, die Ongos-vallei se hoofpad handel dryf. Die handelaars sê die plek waarnatoe hulle verskuif is, is klein en beknop en sommige […]

Read More

Opdraande stryd vir Rusland in Oekraïne

‘n Amerikaanse senator, Chris Murphy, sê Rusland is agter met sy beplande tydlyn vir die inval in Oekraïne. Hy het die opmerkings gemaak nadat hy deelgeneem het aan ‘n geklassifiseerde inligtingsessie oor die krisis. Murphy sê Oekraïne bied verbete weerstand en daar is vele gevalle waar Russiese toerusting en logistiek misluk het. Hy sê Amerika […]

Read More

Klimaat: Tyd raak min

Veertig-persent van die wêreld se bevolking word blootgestel aan klimaatsverandering. Dit is volgens die Verenigde Nasies se jongste verslag van die tussen-regeringspaneel oor klimaatsverandering. Volgens die verslag tref uiterste weerstoestande wat met klimaatsverandering verband, hou mense en ander spesies baie swaarder as wat voorheen vermoed is. Tussen 2010 en 2020 het 15 keer meer mense […]

Read More