Vier swartrenosterbulle in noorde van KZN hervestig

Vier swartrenoster-bulle is hervestig van Ezemvelo KZN Natuurlewe se Weenen-natuurreservaat en Ithala-wildreservaat na die Bonamanzi-wildreservaat in die noorde van KwaZulu-Natal. Volgens die bewaringsbestuurder van die Weenen-reservaat, Frik Lemmer, is die renosters gekies volgens deeglike beoordelingskriteria. Lemmer sê die diere is hervestig om die genetika te bewaar van die Weenen- en Ithala-swartrenoster-bevolking en om konflik tussen die bulle te verhoed. Daarby bevorder hervestiging die uitbreiding van swartrenoster-teelgeleenthede.