Eskom stel projekspan aan vir staatskapingsverslag

Eskom verwelkom die Geregtelike Kommissie van Ondersoek se verslag oor aantygings van staatskaping, bedrog en korrupsie. Hy het ‘n projekspan aangestel om seker te maak die verslag en sy aanbevelings word hersien en verstaan en dat toepaslike optrede volg. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê die kragvoorsiener het reeds stappe gedoen om fondse terug te kry wat onregmatig aan verskeie verskaffers uitbetaal is. Hy sê Eskom het in samewerking met die Spesiale Ondersoekeenheid 1,1 miljard rand teruggekry van McKinsey, 1,5 miljard rand van ABB, sowel as verskeie ander aansienlike bedrae.