Elf buitelanders vas met chroom van R5 miljoen

Elf buitelandse burgers van Zimbabwe en Mosambiek is in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van ontginde chroom ter waarde van vyf miljoen rand in Emalahleni, Mpumalanga. Die woordvoerder van die polisie, Donald Mdhluli, sê dit het gevolg nadat ‘n span wetstoepassingsagentskappe ‘n uitlok-operasie uitgevoer het.