GreenPop plant meer as 5 000 bome regoor SA

GreenPop het bevestig 5 054 bome is regoor Suid-Afrika as deel van die GreenPop Herbebossingsfees geplant. Volgens die omgewings-organisasie was 700 deelnemers betrokke by die projek om woude te laat herleef. Die Verenigde Nasies het die plaaslike organisasie gekies om by sy Dekade van Ekostelsel-herstel aan te sluit, wat hoop om tussen 2021 en 2030 die aftakeling van ekostelsels wêreldwyd te voorkom, te stop en om te keer. Dit word gedoen deur gemeenskappe te inspireer om organisasies te steun om saam te werk aan die suksesvolle instelling van herstel-inisiatiewe regoor die wêreld.