Bank Windhoek vier 40ste bestaansjaar

Bank Windhoek het vandag sy 40ste bestaansjaarsvieringe afgeskop. Die besturende direkteur, Baronice Hans, sê die bank het talle mylpale oor die 40 jaar behaal. Dit was ook die eerste bank wat in 2009 selfoonbankdienste gevestig het. Die bank verskaf werk aan 1 561 Namibiërs in 53 takke landswyd. Die bank het gemeenskappe die afgelope vyf jaar met 20 miljoen Namibiese dollar ondersteun.