Sake-spilpunt ‘n waardevolle bate vir Kaapse entrepreneurs

Die Stad Kaapstad sê die Sake-spilpunt se hulplessenaar het bewys dit is ‘n waardevolle bate vir kleinsake in Kaapstad. Volgens die jongste Global Financial Centres Index, het die Moederstad verskeie stede in Afrika verbygesteek as die voorste finansiële sentrum. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê die stad is vasberade om voort te gaan om die nodige bronne vir kleinsake-ondernemings te verskaf om te groei.