Venaani benadruk Dienda se mening nie dié van PDM

Die PDM-leier McHenry Venaani het sy party se parlementslid Elma Dienda se uitlatings in die parlement as verregaande beskryf. Sy is blykbaar van mening dat verkragting nie binne ‘n huwelik kan plaasvind nie en het ander stellings in die verband ook gemaak. Venaani het aan Kosmos 94.1 Nuus benadruk dat dit Dienda se persoonlike mening is en nie dié van die PDM nie.

Venaani gebruik sy huwelik as voorbeeld.