Kaapstad-inwoners moet waterverbruik verantwoordelik bestuur

Die Stad Kaapstad moedig sy inwoners aan om hulle waterverbruik op verantwoordelike wyse te bestuur ten einde saam ‘n volhoubare waterverbruik te handhaaf en nie water te mors nie. Inwoners het die keuse om hulle eie watermeterlesings in te dien. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê meer as 673 000 meters doen opnames van die waterverbruik op eiendomme in die stad.