Namibië het derde beste paspoort in Afrika

Namibiërs het die derde beste paspoort in Afrika, wat ‘n Namibiese paspoorthouer toelaat om te reis na 78 lande sonder ‘n visum in 2021. Paspoorthouers van die Seychelles kan na 152 lande sonder ‘n visum reis en Botswana na 86 lande. Wêreldwyd, wen Japan en Singapoer die eerste prys met hul paspoorte wat hul burgers toelaat om na 192 lande sonder ‘n visum te reis. Sakeus Kadhikwa, woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.